Pretoria se gunsteling
Christus-gesentreerde kleuterskool in die hartjie van Kameeldrift.  

Oor Ons

Welkom by Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift
’n Nuwe seisoen van vreugde, ontdekking en leer het in Januarie 2025 begin met die opening van Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift – geleë in die pragtige, landelike omgewing van Kameeldrift. Omring deur ruimte, natuur en stilte, is dit die perfekte plek waar kinders vry kan speel, leer en groei.

Ons akademie bied Christus-gesentreerde kleuteronderrig vir kinders vanaf 4 maande tot Graad RR. Hier staan liefde, veiligheid en uitnemende ontwikkeling sentraal in alles wat ons doen.

Wat maak ons uniek?

  • Ons integreer die Noorwee kurrikulum, wat klem lê op spel-gebaseerde leer, sosiale ontwikkeling, en onafhanklikheid – alles in lyn met die ontwikkelingsbehoeftes van jong kinders.

  • Ons bied die Momma Mia-program aan – ’n spesiale ouer-en-kind program vir babas en peuters. Dit bou band, stimuleer vroeë ontwikkeling en is propvol pret!

  • By Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift leer ons kleuters spelenderwys die wêreld van robotika en kodering ken – waar nuuskierigheid, logika en pret hand aan hand gaan!

  • Ons fasiliteite sluit in ruim, veilige speelareas, moderne klaskamers en ’n atmosfeer waar elke kind geliefd en gekoester voel.

Ons ervare en toegewyde personeel glo dat elke kind uniek is en verdien om in ’n omgewing te wees waar hulle kan floreer. Ons benadering is holisties – ons vorm harte, koppe én hande.

 

INKLUSIEF

Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift erken die uniekheid van alle babas, peuters en kleuters ten opsigte van persoonIikheid-samesteIlings, leerstyl voorkeure, omgewings voorkeure, leermodaliteits voorkeure, brein voorkeure en veelvuldige intelligensies.

UITDAGEND

Leerders moet geleenthede gegun word wat as uitdagings dien vir die ontwikkeling tot ‘n hoër fase. Ons skool bied ‘n veilige uitdagende omgewing, sodat leerders met selfvertroue met formele onderrig in graad 1 kan begin.

STIMULEREND

Babas, peuters en kleuters is stimulusgebonde en moet voortdurend gestimuleer word vir optimale leer. Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift bied stimulerende onderrig wat erken dat elke leerder leer en ontwikkel volgens sy of haar eie pas.

Parents feedback | Ouers se terugvoer

Nicky TrollipOuer
Om ons kind by Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift in te skryf, was werklik die beste besluit wat ons nog ooit vir haar toekoms gemaak het. Van die eerste dag af het ons die warmte en opregte liefde van die onderwysers ervaar – dit is duidelik dat hulle hul werk nie net as ’n beroep sien nie, maar as ’n roeping. Hulle gee regtig om vir elke kind en het ’n diep liefde vir elkeen.
Michelle van Graan NelOuer
Beste skool en sal altyd wees. Ek en my oudste dogter was beide ‘n Bambi maatjie gewees.
Annare SteynOuer
Wonderlike skool en onderwysers. My kind ontvang elke dag Christelike onderrig met liefde.
Elmien WehnckeOuer
My kinders is gelukkig, ek is gelukkig. Hulle leer elke dag iets nuuts en wil skool toe gaan in die oggend.
Leonie van SchalkwykOuer
’n Ware Seën — Doxa Deo Kids Akademie Kameeldrift. Van die eerste dag wat ons by Doxa Deo Kids Akademie Kameeldrift ingestap het, het ons iets ongelooflik besonders ervaar — warmte, liefde en ware professionaliteit wat ons harte onmiddellik gerus gestel het.

Kontak Ons | Contact Us