Geskiedenis

Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift – ‘n Nuwe Begin met ‘n Tydlose Roeping

In Januarie 2025 het Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift sy deure oopgemaak in die rustige, natuurlike omgewing van Kameeldrift, Pretoria. Hierdie nuwe akademie is gebore uit ‘n diep roeping om jong kinders vanuit ‘n Christus-gesentreerde wêreldbeskouing op te voed, te vorm en te bemagtig.

Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift is deel van die groter Doxa Deo Education-familie, wat al vir dekades holistiese onderrig in verskeie gemeenskappe aanbied. Die visie agter die skool is eenvoudig maar kragtig: om elke kind te help ontdek wie hulle in Christus is, en om hul unieke potensiaal met vreugde en verantwoordelikheid te ontwikkel.

Ons fokus op die volledige ontwikkeling van elke kind – liggaamlik, emosioneel, intellektueel en geestelik – binne ‘n veilige en liefdevolle omgewing. Kinders vanaf vier maande tot Graad RR word hier met sorg en toewyding begelei deur ervare personeel wat nie net passie vir onderrig het nie, maar ook roeping verstaan.

Die kampus is ruim, veilig en omring deur die natuur – perfek vir ontdekking, speel en leer. Hier word leer deur middel van kreatiwiteit, beweging, storievertelling, musiek en spel geïntegreer, sodat kinders met selfvertroue hul wêreld kan begin verken.

By Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift staan ons vas in die geloof dat elke kind uniek geskape is met ‘n Godgegewe doel. Ons wil saam met ouers en die breër gemeenskap bou aan ‘n sterk fondasie vir elke kind se toekoms – ‘n fondasie wat op liefde, waarheid en identiteit in Christus geanker is.

Visie en Missie

Doxa Deo se visie en missie vir onderwys is om Christus-gesentreerde onderwysmodelle vir kinders van te vestig. Ons doelwitte sluit in:

  • Onderwys: Om bekostigbare, holistiese en toekomsgerigte onderwys met uitstekende akademiese standaarde te bied.
  • Opvoeders: Om passievolle Christelike opvoeders op te lei en toe te rus.
  • Talentonwikkeling: Om geleenthede te skep vir talentontwikkeling deur kultuurdeelname en sport.
  • Leierskapsontwikkeling: Om leierskapsontwikkelingsprogramme aan te bied.

Doxa Deo is ’n kerk met verskeie kampusse en bedieninge wat daarop gemik is om elke sektor van die samelewing positief te beïnvloed met die waardes van Jesus Christus. Ons glo dat die lewensveranderende waardes van Jesus Christus kan floreer in die kerk, onderwys, maatskaplike dienste, besigheid, media, kunste, sport en die breër burgerlike samelewing.

PHOTO-2024-01-11-20-05-14

Kurrikulum

Opened in January 2025, Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift is a growing preschool community nestled in the serene surroundings of Doxa Deo Kameeldrift. We offer a loving, Christ-centred environment where children from 6 months to Grade RR are nurtured holistically – in heart, mind, and body.

Our learning approach is rooted in the Norwegian curriculum model, which emphasizes child-led discovery, play-based learning, and early emotional well-being. We believe that learning through play is not only natural — it’s powerful. Children learn best when they explore, move, ask questions, and engage with the world around them.

What makes our curriculum special?

  • Christ-centred learning forms the foundation of everything we do, helping children grow in identity, character, and purpose.

  • We follow a play-based, holistic approach that supports emotional, social, cognitive, and physical development.

  • Our robotics and early technology exposure stimulates curiosity, creativity, and problem-solving from a young age.

  • Gross motor development is a daily focus — with outdoor movement, obstacle courses, dancing, climbing, and more — to build coordination, balance, and body awareness.

  • We prepare our older learners (Grade RR) for formal learning through the development of early literacy and numeracy, integrated naturally into daily routines.

  • Children enjoy creative expression through art, music, storytelling, and sensory play, all designed to support holistic development.

We are intentional about raising young leaders who know who they are in Christ, who can think independently, work collaboratively, and approach life with confidence and compassion.

At Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift, we’re building more than a school — we’re building a kingdom culture of love, learning, and excellence from the very first steps.

Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift het in Januarie 2025 sy deure geopen en is vinnig besig om ‘n dinamiese voorskoolse gemeenskap te word. Geleë in die rustige en veilige omgewing van Doxa Deo Kameeldrift, bied ons ‘n liefdevolle, Christus-gesentreerde leeromgewing vir kinders vanaf 6 maande tot Graad RR.

Ons onderrigstyl is gebaseer op die Noorse kurrikulum, wat die klem plaas op kind-gedrewe ontdekking, spel-gebaseerde leer, en die ontwikkeling van emosionele en sosiale welstand vanaf ‘n vroeë ouderdom. By ons glo ons dat kinders die beste leer wanneer hulle speel, beweeg, ontdek en met hul wêreld omgaan.

Wat maak ons kurrikulum uniek?

  • Christus-gesentreerde onderrig is die fondasie van alles wat ons doen. Ons vorm karakter, identiteit en waardes vanuit ‘n Bybelse perspektief.

  • Ons volg ‘n holistiese speel-en-leer benadering wat emosionele, sosiale, kognitiewe en fisieke ontwikkeling bevorder.

  • Ons integreer robotika en vroeë tegnologie-blootstelling om kreatiwiteit, probleemoplossing en tegniese denke van kleins af aan te moedig.

  • Grootmotoriese ontwikkeling is ‘n belangrike deel van ons daaglikse program, met aktiwiteite soos klouter, balans, dans en buite speel.

  • In Graad RR fokus ons op die voorbereiding vir formele leer deur basiese geletterdheid en syferbegrip op ‘n natuurlike, spel-gebaseerde manier aan te leer.

  • Kinders geniet kuns, musiek, storievertelling en sensoriese spel wat hulle kreatiwiteit en selfuitdrukking bevorder.

Ons droom is om jong kinders op te voed wat weet wie hulle in Christus is, wat met vertroue kan leer, lei en ‘n verskil maak in die wêreld om hulle.

By Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift bou ons aan meer as net ‘n skool — ons bou aan ‘n koninkrykskultuur van liefde, leer en uitnemendheid van die heel eerste tree af.

Facilities | Fasiliteite

School Hours | Skooltye

SKOOLURE: 06:45 – 17:00

Skooltye 06:45 – 17:00 Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift se skoolleerders kan soggens vanaf 06:45 afgelaai word. Ons dagprogram sluit af teen 14:00. Die voldag program begin om 14:00, en skop af met ‘n gesonde middagete. Leerders moet voor 17:00 afgehaal word

SCHOOL HOURS: 06:45 – 17:00

At Doxa Deo Kids Academy Kameeldrift, learners can be dropped off from 06:45 in the mornings. Our structured daily program runs until 14:00. From 14:00, our full-day program begins, starting with a healthy lunch and followed by engaging afternoon activities. All learners must be collected by 17:00.

Buitemuurse Aktiwiteite

Playball

Die doel van Playball is om jong kinders aan konstruktiewe en genotvolle sportdeelname bekend te stel deur verskeie ouderdomsgepaste programme. Al die programme het 'n multi-aktiwiteit benadering, wat 'n bekwame grondslag verseker in al die gewilde sportsoorte wat op skool gespeel word.

Kontak vir Lizbé by
082 395 6152

Monkeynastix

Ons kreatiewe en interaktiewe benadering tot beweging moedig kinders aan om te leer en te ontwikkel in 'n veilige en prettige omgewing! Monkeynastix is 'n breë-gebaseerde, holistiese program wat kreatiwiteit en musiek kombineer met basiese opleiding in soepelheid, balans, krag, behendigheid, koördinasie en liggaamsbewustheid.

Kontak vir Lynette by
083 302 2411

Swimrite

Swimrite is 'n landwye swemprogram wat kinders onderrig en aan vaardighede bekendstel wat nodig is vir selfversekerde en bekwame deelname aan alle wateraktiwiteite. Die vermoë om te swem is 'n baie belangrike deel van 'n kinderontwikkeling, nie net vir die genot wat dit meebring nie, maar om hul veiligheid te verseker.

Kontak vir Salomé by
082 497 6814

RSD Rugby

Die RSD-program leer kinders om aan te pas en in 'n spanomgewing te werk na 'n gemeenskaplike doel met medespelers en afrigters, en dat kommunikasie die beste manier is om probleme op te los. Die vasberadenheid en doelwitstellings-vaardighede wat deur die RSD-program aangeleer word, kan na die klaskamer oorgedra word.

Kontak vir Chris by
079 496 4597

Abra-ka-drama Drama School

Drama is ‘n prettige aktiwiteit wat jou kind help met persoonlike ontwikkeling d.m.v. spel! Drama help met emosionele intelligensie, spraak, fisiese beheer, kreatiewe denke, selfversekerdheid, konsentrasie, koördinasie, waarneming em improvisasie.

Kontak vir Ilona by 072 536 2613

Helen School of Dancing

Helen School of Dancing bied klasse aan in ballet vir kinders vanaf 3 jaar oud. Ballet ontwikkel koördinasie, balans, selfversekerdheid en bied natuurlik goeie oefening ook. Kinders leer ook om instruksies te volg, asook dissipline deur nuwe posisies aan te leer. Klasse word by Bambi Kleuterskool aangebeid op Woensdag oggende.

Kontak vir Helen by 082 815 3952

Fisioterapeut

Hannalie Rossouw is 'n fisioterapeut gebaseer in Centurion. Sy het by die Universiteit van Stellenbosch gegradueer in B.Sc Fisioterapie. Haar postkurrikulêre opleiding sluit in Dry Needling, verskillende Taping-tegnieke, Kraniosakrale Terapie (Upledger-Institute), Viscerale Mobilisasie (Barral Institute), Spinale mobilisering, Luistertegnieke en sy het ook 'n groot belangstelling in longsiektes in beide volwassenes en kinders.

Kontak vir Hannalie by 083 253 6575